Johannes 8:12 Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

Ek glo ons word in hierdie nuwe Adventseisoen opnuut genooi om te leef in die lewegewende, alomteenwoordige en koesterende lig van Sy aangesig.

Here, U het ons gemaak om na U lig te soek en dis wanneer ons dit vind, dat ons oorvloedig blom en ons lewens tot volle wasdom kom.

Wat ‘n onbeskryflike voorreg om Ligdraers te mag wees!

Is die ongemak wat ons soms in ons lewens ervaar nie dalk eerder ‘n uitnodiging nie?

And the day came when the risk to remain tight in a bud was more painful than the risk it took to blossom. Anaïs Nin

Plante het nie ‘n keuse nie, ons het wel. Die proses is pynlik en kos oorgee, ook durf en deurdruk, maar deur ‘n bloeiende plant dop te hou, mag die laaste stukkie waagmoed aan ons gegee word. . .

So is ons dalk toe net genooi om ons beperkende, drukkende ruimtes te verruil vir ‘n nuwe wêreld wat veel groter is as wat ons kon dink of verstaan. . . Amper soos ‘n nuwe geboorte!

Wat ‘n deurbreek, ‘n triomfantelike oopbreek uit die donkerte na die lig is dit nie?!

Al wat U vra is ons ‘ja’, ons bereidwilligheid, dat U nuwe lewe deur ons kan geskied. Hoe dit dan gebeur weet ons nie, maar ons rus in die wete dat U in beheer is. Ons is nederige en oorvloedig dankbare draers daarvan.

Sondagoggend het hy ons met die suiwerste klanke onophoudelik bly roep, so asof hy sê: kom nader!

Wat ‘n asemrowende gesig! Sommer net hier in ons eie tuin.

Here, U roep elkeen van u kinders op hul naam: Diederik, Johan, Frans, Susan, Anita…

Onophoudelik verklaar en openbaar U u liefde aan ons. Help ons dat ons nie so besig en afwesig raak dat ons U nie raakhoor, raaksien of raak-ervaar nie. . .

Ons is gemaak om U te soek, dis hoe ons bedraad is.

Augustinus verwoord dit: Die hart van die mens soek na ewigdurende vrede en geluk. U het ons vir Uself gemaak, o Here, en ons hart bly onrustig tot die siel rus vind in U.

Jeremia 29:13 As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.

God is altyd daar:

And A Meadowlark Sang

“The child whispered, ‘God, speak to me’
And a meadow lark sang.
The child did not hear.

So the child yelled, ‘God, speak to me!’
And the thunder rolled across the sky
But the child did not listen.

The child looked around and said,
‘God let me see you’ and a star shone brightly
But the child did not notice.

And the child shouted,
‘God show me a miracle!’
And a life was born but the child did not know.

So the child cried out in despair,
‘Touch me God, and let me know you are here!’
Whereupon God reached down
And touched the child.

But the child brushed the butterfly away
And walked away unknowingly.”

(Ravindra Kumar Karnani)

Here, U het self gesê: Soek en jy sal vind… (Matt 7)

Maak ons wakker sodat ons met al ons hartsintuie wawyd oop U sal raaksien en ervaar, want U is altyd oral en in alles!

Soms, in ons soeke na U, besoek U ons op unieke, persoonlike en lewensveranderende maniere. . .

Job 12:7-8 (Die Boodskap) Job het gesê: “Gaan gerus na die diere en die voëls in die lug: hulle kan julle baie leer en vertel. Gaan praat met die aarde. Die aarde het baie om julle te leer. Die visse in die see het ook baie om julle te vertel.

Hierdie visse is nou weliswaar nie in die see nie, maar toe ek nader gaan, sien ek:

‘n Hart!

Dankie liewe vis, jy het iets vir ons vertel of dalk eerder uitgespel. Mag ons alles op die spel plaas, sodat ons lewens liefde spel oral waar ons is en gaan!

So leef ons Jesus se groot opdrag uit:

Joh 13:34-35 (NLV) Ek gee julle ’n nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.”