2 Kronieke 16:9a Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.

Dit was ‘n artikel in ‘n kettingwinkel se tydskrif wat my oog gevang het. . .

Om op te kyk is nie vir ons vreemd nie, want ons Here Jesus het ook gereeld opgekyk:

Uit Matt 14:19 Hy het vir al die mense gesê hulle moet op die gras gaan sit. Toe het Jesus die vyf brode en die twee visse geneem en Hy het opgekyk na die hemel. Hy het God geprys en dankie gesê vir die kos. 

Joh 11:41 Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het.

Soveel heiliges deur die eeue het ook opgekyk. Stefanus (Handelinge 7) het opgekyk na die hemel voordat hy gestenig is.

Die artikel haal navorsing aan wat bewys dat dit mens positief kan laat voel wanneer mens opkyk. Is dit omdat ons as Christene dan ten diepste ervaar dat ons burgers van die hemel is? In Psalm 42:7 lees ons “deep cries out to deep”.

Besef ons dan ook ten diepste dat ons Vader se oë altyd op ons gerig is?

Here, U is oral, U oë is oral op die aarde. U wil graag hê dat ons oogkontak moet hê.

Hebrews 12:2 Amplified Bible (AMP)  [looking away from all that will distract us and] focusing our eyes on Jesus, who is the Author and Perfecter of faith…

Hierdie pragtige woorde uit die lied van Alan Jackson herinner ‘n mens daaraan:

Turn you eyes upon Jesus,
Look full in His wonderful face;
And the things of earth will grow strangely dim
In the light of His glory and grace.

Wanneer ons hierdie oogkontak behou, word ons sig herstel.

“The eye through which I see God is the same eye through which God sees me; my eye and God’s eye are one eye, one seeing, one knowing, one love.” Meister Eckart

 

Uit Joh 16:33 In die wêreld sal julle dit moeilik hê . . .

Pyn en swaarkry is ‘n moeilike deel van ons lewe op aarde, maar tog is daar min ander dinge juis soos pyn en swaarkry wat ons verbintenis aan Hom en mekaar hegter maak.

Wanneer iemand, waarvoor jy baie lief is, swaarkry, is daar iets heiligs wat na vore kom.  Dis asof daar iets van die groot Misterie in ons deurbreek op ‘n nuwer, dieper vlak.

Ons is so bewus van ons eie magteloosheid, nietigheid en breekbaarheid soos nooit tevore nie en dít maak ons oop om aangeraak te word, getrek te word na ‘n dieper verbinding en verhouding met Hom en met mekaar. . .

Pelgrims

weens sonde
het ons almal wonde
niemand is ongeskonde
tog raak ons so verbonde

Joh 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Ons is pelgrims op reis na ons ewige bestemming. Al kry ons hier soms swaar, is ons egter nooit alleen nie, omdat ons Here áltyd by ons is, te midde van swaarkry. Ons kan vashou aan die belofte in Ps 34:19 Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. 

Sy nabyheid en vrede loop hand aan hand.

So hou Hy ons hand vir ewig in sy onverbreekbare band.

Matt 12:34 Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Sommer hier aan die begin van Lydenstyd, nog voordat ek kon besluit waarvan ek moontlik kon vas, het dit gebeur: my stem het verdwyn. Laringitus en ‘n erge seer keel het twee wagte geword wat binne en toe sommer ook voor my mond geplaas is!! Die dokter gee baie medisyne en sê my stem moet rus.

Aanvanklik het ek nie gedink dat dit vir my moeilik sou wees nie, want ek is mos gewoond aan stilteretreats. Maar om in jou alledaagse omgewing nie te praat nie, is ‘n totaal ander storie. Ly ek dalk aan praatsiekheid?

Hoeveel anders is dit nie om eers mooi te besluit of ek hierdie enkele woorde gaan sê of nie? Toe ek later begin skryf wat ek wil sê, besef ek dat wanneer ‘n mens sien wat jy sê, sien jy jou woorde in ‘n totaal nuwe perspektief! Dis asof mens ook vooraf besin oor watter effek hierdie woorde gaan hê.

Die Engelse spreekwoord lui: “Silence is golden”.

U nooi ons altyd uit om naby U te bly, om sodoende ingestem te bly om u sagte influistering in ons harte duidelik te hoor.

Hierdie praat-vas word toe ‘n gulde geleentheid om opnuut my taal te gaan haal uit die stilte van my hart. Dan sal ek myself nie later vaspraat nie. . .

It is only with the heart that one can see rightly:
what is essential is invisible to the eye.
~Antoine de Saint Exupery 

Kyk na die foto’s hieronder, laat jou hart stil raak. Is daar enige foto wat meer met jou “praat” as die ander? Maak dié foto dalk oop in ‘n nuwe “tab” om dit groter te kry. Waarom raak hierdie foto jou hart meer aan?

IMG_8627

Everyday objects and occurrences are windows into spiritual truths. ~ Jean Fleming 

Hebr 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.

 

Soms in ons lewens kom die moeilikhede so op ‘n hoop en dit kan voel asof dit ‘n hoop word wat ons vasdruk.

Lydenstyd het hierdie week aangebreek. Dis ‘n tyd waarin ons ten diepste besef dat Christus in ons nood, ons pyn, ingedaal het. Dis ook ‘n tyd van gereedmaking om nuwe lewe te ontvang.

Dis dikwels later dat ‘n mens besef hoe naby die Here daar in die donkerte was, terwyl Hy ons vir ‘n tyd in hierdie heilige ruimte gehou en toegevou het. Die lig van sy teenwoordigheid verlaat ons nooit nie.

Hulle wie se hoop sterk is, sien en koester elke teken van nuwe lewe. Erich Fromm

Dis asof hul so stralend verrys. . .

Hy bly altyd by ons, daarom hoef ons nie hooploos te voel nie, maar kan ons vol hoop bly!