Joh 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

‘n Krisis verander ons lewens ingrypend. Die een oomblik voel alles nog reg en die volgende oomblik is daar ‘n groot verlies. . . Dis asof daar ‘n donker gordyn om mens toevou,  die donkerte jou omsluit . . .

As Christene word ons nie gevrywaar van krisisse nie, maar ons weet dat Hy altyd by ons is, dat Hy ons nooit alleen laat nie. Hyself het deur soveel donkerte gegaan. Die voorhangsel het geskeur en daar het vir ons lig, toegang tot Hom gekom.

Met die kranslegging voorverlede Sondag loop ek stadig en ek sien dat een van die slagoffers se dogter voor my loop. Sy is in swart aangetrek en dis baie duidelik dat sy in skok is, dat haar hart gebreek is… Ek sien dat daar ‘n arm sag om haar gevou word. . .

Toe ek later die foto op my rekenaar aflaai, sien ek die ligstraal:

20161016_120209_hdr_resized

Toe herinner Hy my: nuwe lewe kom altyd uit die donkerste plekke…

IMG_2017

Markus 16:6 “Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het.

Toe onthou ek die woorde uit die liedboek: Lei U ons lig, deur hierdie duisternis. Here Jesus, U weet hoe, want U ken die pad uit die duisternis. Op U volmaakte tyd sal die lig deurbreek, terwyl ons aan die wete vashou dat U ewige arms altyd sag om ons gevou is.

Joh 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Ons ervaar steeds die rimpeleffek van wat verlede Woensdag in ons kompleks afgespeel het. . . Dit het ‘n invloed op soveel mense se lewens.

Die afgelope Sondag was daar ‘n diens en kranslegging by ons klubhuis. Die mense, oor alle grense heen, het in groot getalle opgedaag, soveel so dat daar nie genoeg sitplek was nie. Soveel bosse blomme is gebring. Die tragiese gebeure het mense nader aan mekaar gebring. Pyn is ‘n universele taal.

blomme-2

Ek hoor en sien hoe mense met mekaar praat, mekaar ondersteun.  Bure ontmoet mekaar vir die eerste keer. . . Mense, medepelgrims,  sien mekaar regtig raak.

Pelgrims

weens sonde
het ons almal wonde
niemand is ongeskonde
tog raak ons so verbonde

Pyn en lyding maak ons opnuut bewus van ons gebrokenheid en ons gebroke wêreld. Dit skud ons tot in die oomblik in, ons volle aandag is skielik hier. Ons broosheid en breekbaarheid maak ons bewus daarvan dat ons heling nodig het, dat ons nie sonder ‘n Verlosser kan leef nie.

Here Jesus, U het U daartoe verbind om ons wonde te verbind en ons daardeur aan U verbind. So verbind U ons ook aan mekaar deur ons wonde.

Die volgende woorde is vir my nou baie kosbaar: Hosea 2:18-19 Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en my ontferming. Ek gaan jou aan My bind deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal wees.

Ek kyk af en net hier op die harde pad, reg onder my voete, sien ek sy trou raak:

img_0018

Gister, na ‘n heerlike reënbui deur die nag, sien ek in hierdie poeletjie sy hart van liefde wat oorloop vir ons. . .waterhart

Ja, Here, tekens van U troue liefde is oral sigbaar, dikwels op plekke waar ons dit die minste verwag. . .

Psalm 23:2 He lets me rest in green meadows; he leads me beside peaceful streams.

Die geweld was hierdie week nie net ver nie, maar was baie naby, tot in ons kompleks, The Meadows.

Woensdag was ‘n dag van verskrikking wat geëindig het in 4 mense wat hier binne dood is. Ek en my man was buite die kompleks. Ons seun was by die huis, juis vanweë die geweld op die Universiteitskampus… Ons kon nie inkom by ons huis nie en ons seun moes binne die huis bly.

Laatnag kon ons eers terugkeer huis toe.

Die gebeure was oral in die nuus. As jy dit misgeloop het, lees meer by http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/pta-gyselaarsdrama-so-ontvou-gebeure/

My hart is stukkend. Wat maak dat een mens so iets geweldadigs aan ‘n ander doen? Wat gaan binne ‘n hart, ‘n lewe, aan om medemense net bloot só dood te skiet?

Ek loop gisteroggend met my kamera en vra dat Hy vir my sy hart wys.

Die huis is reg hier voor my: dit herinner aan ‘n fort. Daar is ‘n dik, hoë muur in aanbou. Drie lere lyk vreemd geplaas . . . Ek ervaar die pyn van dit wat hier gebeur het. Op die teer buite lê rooi grond op die plek waar een van die slagoffers gelê het, ‘n stille bewys van die tragedie wat homself hier afgespeel het… ‘n Pa, ‘n eggenoot, ‘n seun, koelbloedig doodgeskiet…  ‘n Lewe vernietig.

img_0002

Here, U wil vir ons rus bied in groen weivelde, terwyl daar soveel haat, vrees, onrus en geweld om ons en in ons is.

Mag ons harte groen weivelde vir mekaar wees waarin dié wat lewensmoeg en vol pyn is, rus kan vind en so ook die Herder daar ontmoet.

Ek loop stadig , baie hartseer weg en ek weet die pyn wat ek voel is syne… Hy, die Vredevors, wil hê ons moet in vrede leef. Ps 133:1 kom by my op – Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!

Met die terugstap sien ek aan die kaktusplant, met sy skerp punte, ‘n veertjie hang. Toe verstaan ek: selfs in al die seer, bly U daar, is U altyd met ons.

img_9983

‘n Entjie verder weg lê sy monogram reg hier voor my –

Ichtus: Jesus Christus, Seun van God, Verlosser.

img_0022

Dankie Heer dat U altyd by ons is, in elke oomblik. Dankie dat U ons gedurig daaraan herinner selfs in ons seerste seer, want U het ons in gedagte gehad in U seerste seer.

Ps 139:17 God, dit troos my om te weet dat U alles in u hand hou. Die gedagte daaraan is net te groot om te verstaan. (Boodskap)

Dis droog. . . Die aarde smag na water.

My vriendin wys vir my haar rooi rose en merk op dat hierdie rose die mooiste is wat hierdie boom nog ooit gedra het. Sy sê dis omdat dit so droog is dat hulle so pragtig is. Ek moes dié rose van naderby bekyk, van baie naby.

img_9412

img_9415

img_9419

Hulle is asemrowend mooi!

img_9440

Daar is soveel dinge om oor bekommerd te wees: die droogte, die land se probleme, onrus. . . Maar elke oggend kom die son op, gaan dit onder. Klokslag, elke dag. Dis lente en boonop die mooiste, mooiste maand!

Ja, daar is probleme, maar ons God is steeds in beheer.

Gebed: Here, help my asseblief om te bly blom, selfs die mooiste blomme te dra, al gebeur wat ook al. U lewende water, U onuitputlike fontein is binne ons en voed ons sodat ons kan blom waar ons ook al geplant is. In U lig, sien ons lig . . .

img_9438

Ps 36:10 “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.”

IMG_3528