Hooglied 4:1 “Jy is mooi, my liefling, jy is mooi . . . en Hooglied 4:9 “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë . . .

So ‘n rukkie gelede gee ‘n vriendin vir my ‘n verjaarsdaggeskenk in ‘n sakkie met die volgende prentjie op:

IMG_0654

Ons is sy beminde, sy geliefde. Daar is ‘n Heilige Boek wat dit vir ons duidelik uitspel, maar waarom kan ons so gou vergeet?

Is dit omdat daar soveel geraas, soveel ander stemme elke dag om ons en in ons is, dat ons nie die tere, sagte stem hoor wat dit oor en oor vir ons fluister nie?

As ons tyd maak om elke dag stil genoeg te word, sal ons dit hoor.  Dan kom die diep wéét: ek is die beminde van God, sy geliefde! Ek behoort aan my Bruidegom en Hy aan my.

IMG_0669

Ek kyk na die kou hierbo en besef dat vryheid deur ‘n hartopening kom.

Daar is hartstog in die Stem wat my en jou nooi om vry te kom: “Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!”

Ps 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.

Die herfsbome met hul blare is vir my  ‘n simbool van hoe ek kan klou, terwyl ek maar net kan los, kan vertrou dat daar met elke oënskynlike verlies ‘n groter plan is. Dit kom egter net soveel natuurliker vir my om vas te hou as om te laat gaan. . .

IMG_8630

IMG_5177 (3)

Hoe nou?

laat gaan . . .
hoe moet ek dit verstaan?
dis juis reg
dié ware, beproefde weg:
eers die vergaan
daarna die opstaan . . .

IMG_1063

IMG_1065

IMG_2515

Gebed: Here, dit troos ons om te weet dat U ons altyd vashou. Skryf asseblief U herfswaarhede op ons harttafels.

Die afgelope paar dae het ek die ongelooflike voorreg gehad om tyd saam met ‘n kosbare groepie sielsvriende deur te bring. Ons was by ‘n plek waar ons kon rus, kon wees . . . Ek het so ‘n iets beleef van Jesus se uitnodiging in Mattheus 11.

Matthew 11:28-30 The Message (MSG)

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

IMG_0011 IMG_9989 IMG_9904 IMG_9896 IMG_9885

IMG_2328

IMG_0226

IMG_0118

Gebed: Dankie Here vir tye van stil word en tot rus kom. Dis hier waar ons perspektief op ons pas kry. Help ons om nie uit pas met U te leef nie, om nie te verpas wat U vir ons bedoel het nie.

1 Petr 1: 3 Ons prys die God en Vader van ons Here Jesus Christus, God wat baie goed is vir ons. Jesus Christus het gesterf, maar God het vir Jesus weer laat lewe, en so het God vir ons ook weer laat lewe. Ons het nou ’n nuwe lewe, en daarom kan ons baie seker wees van die dinge wat ons hoop.

 So ‘n rukkie gelede het ek ‘n wurm gewaar waar hy teen my studeerkamervenster teen so ‘n slakkepas, of moet ek eerder sê “wurmpas”,  teen swaartekrag opgebeur het.

Ek het gesien hoe hy homself stadig en doelgerig begin toespin…

Ons was weg met vakansie en toe ons terugkom, sien ek wat gebeur het en neem dadelik toe my kamera om die verhaal te deel.

Daar was nou ‘n skoenlapper teen die venster! Hy was pragtig (veral as ek teruggedink het aan die vroeëre wurmvoorkoms). Dink net hoe donker dit binne die kokon was, hoe beperkend, hoe benoud… Toe, op ‘n dag, op die regte tyd, bars die nuwe lewe daaruit!

Dit is ‘n simbool van ons opstanding, ons wat in Hom glo, eendag en ook nou.

Hy het vir so ‘n dag of wat verbete aan die buitekant van die kokon vasgeklou. Ek wonder of hy homself dalk in die weerkaatsing van die glas gesien het en nie sy oë kon glo oor die metamorfose nie! Of nou vlieg my verbeelding te ver, skoenlappers kan seker nie sover sien of dink nie… Hy het bly wag en klou totdat sy vlerke sterk genoeg was en het voor my oë na vryheid gevlieg! Wat ‘n gesig was dit nie!

 IMG_9318

IMG_9428

IMG_9544

Iemand het eenkeer gesê: “the tomb becomes the womb”. Nuwe lewe kom altyd uit die donkerste plekke…

Later besef ek dat wanneer ek in my kokon, in die donkerte is, is Hy besig om my te omvorm om my meer soos Hy te maak. Dis daar waar Hy ons volle aandag het, waar ons die sagte klei in Sy hande kan wees. Hy wil ons ook van ons egoïsme stroop. Al wat ons net moet doen is om ja te sê vir Hom, net soos Hy eens in die tuin van Getsemane gedoen het met: “nie My wil nie, maar U wil”. My neiging is gewoonlik om myself jammer te kry en te wonder waarom Hy dan so ver van my voel en al die tyd was Hy só naby my. So jammer ek besef dit gewoonlik eers heelwat later…

Ek kyk na die leë kokon en weet dat daar nog baie van my is wat moet sterf …

IMG_9651

Gebed: Here, help my in die tye wat dit lyk asof alles om my donker, dood is, asof U ver weg is. Herinner my asseblief daaraan dat daar altyd ‘n opstanding na ‘n nuwe, groter en vryer lewe na elke dood is. U laat altyd alles ten goede meewerk. U weet wat die beste vir elkeen van ons is. Amen