Ons ry onlangs laeveld toe en op pad sien ons dié pienk en wit weelde, soos altyd hierdie tyd van die jaar. Hul skoonheid is onweerstaanbaar. Ons moes net stop en nader gaan:

Met my nuuskierigheid opnuut geprikkel, lees ek die volgende raak op die internet:

There is a legend that the Cosmos flower got its name by a Spanish priest who developed these flowers in mission gardens of a monastery. The priest noticed how symmetrical and aligned petals of the Cosmos flowers were so that he decided to name them by Greek name for the ordered universe – cosmos.

En verder:

The typical meaning of this flower is ‘love flower’. This flower is often used to illustrate one’s deepest feelings of love.

Joh 3:16 “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Skielik sien ek hierdie nederige veldblomme in ‘n totaal nuwe lig. . .

Here, mag elke kosmosblom hierdie Lydingstyd ons herinner aan U liefde van kosmiese proporsies vir elkeen van ons!

Mag die diep ervaring hiervan oprys in ‘n lied van eindelose dankbaarheid en liefde teenoor U, Koning van die kosmos, Koning van my hart!

Lukas 9:23-26 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan?

Die afgelope Woensdag het ons Aswoensdag gevier. Sommige van ons mag dalk ‘n askruis ontvang het.

Die askruis het my ten diepste laat besef dat dit die kruisas is waarom alles draai!

Dis wanneer ons lewens om Hom draai en ons al meer en meer meegee aan sy werking binne ons, dat ons Lydingstydreis nie net swaar is nie, maar ook een van groot vreugde. Wie weet, dalk mag ons nou al Paassondag se vreugdesklokke in die verte hoor lui wat vir ons die moed en hoop sal gee om voort te bly stap op hierdie pad. . .

Verlede week se blog het die werklikheid van pyn in ons lewens aangeraak.

Hier is nog enkele gedagtes daarrondom:

 

 

 

Pynverligting

dis wanneer ek ten diepste weet:
ek hét hierdie pyn
maar ek ís nie hierdie pyn nie. . .
en vreemd genoeg
dan is ek ook nie ‘n pyn
vir dié rondom my. . .
en dalk net juis dán
kan U deur my lewe
iets van U lig laat skyn