Lukas 18:41 “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”

“And now here is my secret, a very simple secret: It is only with the heart that one can see rightly; what is essential is invisible to the eye.” Antoine de Saint-Exupéry, The Little Prince

“The most beautiful things in the world cannot be seen or touched, they are felt with the heart.” Antoine de Saint-Exupéry, The Little Prince

When you really gaze at something, you bring it inside you. John O’Donohue

Matt 6:22 “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê.

Job 12:7 “Miskien moet jy die diere vra om jou te leer…

Ons het ‘n rukkie gelede op twee leeus afgekom:

Sjoe! Vlieë en vlieë en nog vlieë. . . Hulle het nie gevlieg, soos hul naam sê nie – hulle het gesít!

Lyk my al is jy hoe sterk, het jy ook maar jou eie klein irritasies, soms sommer baie van hulle op een slag!

Toe kom daar ‘n lang gaap. . .

‘n Paar vlieë lig. . .

Mag hierdie beeld ons help om ons nie te ontstel oor al die klein dingetjies wat ons rus mag verstoor nie. Netnou-netnou kry hul ‘n ander teiken en vat die pad (of dalk in hierdie geval die lug!), terwyl jy rustig bly. . . 

Lyk my as jy weet wie jy is, kan jy nogal ‘n paar irritasies met grasie hanteer en nie oor elke klein dingetjie opvlieënd en omgeklits raak nie.

By die leeu kan ons inderdaad ‘n groot les leer: jy het altyd ‘n keuse hoe jy reageer!