Handelinge 17:27b,28  Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom af.’

 

 

2016 lê pasgebore, blinknuut reg hier voor ons. My wens vir almal is dat ons elke dag, elke oomblik van hierdie nuwe jaar bewus sal wees van die Here se teenwoordigheid.

In Lukas 5 word dit beskryf hoe Jesus sy eerste dissipels geroep het. Ek het dit so verwoord:

Visvangs

my net wil skeur
my boot wil sink . . .
gaan asseblief weg
alles om my, in my stink

nee, simon, vir jóú wil Ek kry
sommer net hier naby My

Gebed: My hart wil skeur. U is soveel liewer vir ons as wat ons dink, of eerder, soveel liewer vir ons as wat ons kan dink. U die almagtige, onveranderlike, misterieuse, ewige lig-God sien al my sonde, my swakheid raak, maar steeds wil U my baie naby U hê. Hoe kan ek ooit met krom woorde genoeg daarvoor dankie sê? Ek kan dit tog gaan lééf, want ek hoor mos U hartklop . . .

IMG_1971

IMG_2160

3 Thoughts on “Nader al nader . . .

  1. Zaaiman en Jannij on January 1, 2016 at 7:52 am said:

    Wonderlik om die nuwe jaar so in te gaan met die wete dat Hy altyd by ons is.

  2. So mooi en kosbaar hierdie, dankie!

  3. Johan Geyer on January 27, 2016 at 12:15 am said:

    Intieme intellek gedeel bo vorme van kultuur,
    geestelike wysheid tot skaamtevrye vlerke innig daarin
    en liefde wat om ons eerder as in ons impakteer omdat groei dit kon omvorm in onmisbare kleur en klank
    is so nou gekoppel aan dinamiese lewensvloei, “gentle kindness”, gepositioneerdheids insigtige dinamiek en dimensionele deursigtige ongebondheid van Goddelike bewustheid gekoppel aan mens en wese wie nie n mens is nie dat verhouding strek tot ongelooflik.

    Hoe nouer, hoe nader, hoe meer dieselfe alleenlik, in lewensroete, laat die kleinste meedeling van liggaam of gees insig openbarings verstaan skep. Mense lief – en dan weer kan nie, daardeur.
    God vra die blom om oop te gaan, sy prag te wys, lewe te he en te gee met kleur en geur Sy Glorie te eer. Waar is jule en ons dan wat skadus geword het? Leer ons ook Marita – soos ons geskape is deur Hom en in Hom. So te wees in hiedie lewe, in Wie vir ons Hier geplaas – ons na hunkering stil in vrede en liefde vervuld, mekaar oor wye werelde ver en oral vandaan selfs onbewus voor mekaar gestaan, laat vashou tot ons oee toegaan. Dit is die grootste voorreg om jou hart in hiedie bladsye te voel klop.

Leave a Reply to Johan Geyer Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation