Ps 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.
Die herfsbome met hul blare is vir my ‘n simbool van hoe ek kan klou, terwyl ek maar net kan los, kan vertrou dat daar met elke oënskynlike verlies ‘n groter plan is. Dit kom egter net soveel natuurliker vir my om vas te hou as om te laat gaan. . .
Hoe nou?
laat gaan . . .
hoe moet ek dit verstaan?
dis juis reg
dié ware, beproefde weg:
eers die vergaan
daarna die opstaan . . .
Gebed: Here, dit troos ons om te weet dat U ons altyd vashou. Skryf asseblief U herfswaarhede op ons harttafels.
Die fotos pas so mooi by die woorde. Pragtig