Junie 2016 – na aanleiding van die versoeningsbyeenkoms by die Orlando-stadion in Soweto en die massamoord by die Pulse nagklub in Orlando, Florida

 

 

 

Orlando’s bloei

GEWEERSKOTE KNETTER, VERPLETTER

polsende haat se vinger op sneller. . .
ou wonde hier
en rou wonde dáár
twee stories, enkele ure uit mekaar . . .
wêrelde van mekaar

‘n medemens in kruishaar –
die kruispadkeuse: versoen of verdoem

ons bemind tot anderkant bloedvloei –
hoe sal ons dan ander bloed laat vloei?

Heer, wees ons genadig
laat ons uit U genadeskoot bloei . . .

IMG_0545

IMG_3528

2 Thoughts on “Orlando’s

  1. Lindy Jordaan on June 17, 2016 at 7:46 am said:

    Stunning gedig!

  2. Zaaiman en Jannij Stander on June 17, 2016 at 7:59 am said:

    So van altwee Orlando’s geweet, nooit die ooreenkomste so mooi gesien nie. Hartseer ou wêreld waarin ons woon – so wonderlik dat ons weet ons Meester het vir ons genoeg genade. Dankie Mariet vir dat jy dit alles so raaksien enmet ons kan deel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation