Lukas 12:27 ”Kyk na die veldblomme – hoe hulle groei! Hulle swoeg nie en hulle spin nie. Maar Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy prag was nie soos een van hulle geklee nie.

Die skoonheid van die perdeblomme  (dandelions) een oggend vroeg, so met die dou daarop, het my diep aangeraak.

1100

1044

1091

1086

Dou is soveel keer in die Bybel ‘n simbool van Sy seën en sorg. ‘n Paar skrifgedeeltes: Genesis 27:28 – God gee aan jou dou uit die hemel, Numeri 11:9 – Die manna het snags saam met die dou by die kamp geval., Deut 33:13 Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou.

Doublom

perdeblom, o veldblom
geen swoeg, geen sweet
swierig, in spierwit gekleed
met bruidsjuweel getooi:
skitterend, glansryk die kraalwerk
U handewerk
veelvoudig die seën, trou:
die blomsorg, hemelse dou

ons, so sorg-gevul
terwyl U sorgvuldig sorg

392

Luke 12:28 (MSG) If God gives such attention to the wildflowers, most of them never even seen, don’t you think he’ll attend to you, take pride in you, do his best for you?

One Thought on “Veldblomdou: ‘n Storie van Trou

  1. Jannij Stander on July 30, 2016 at 10:26 am said:

    En ons bekommer ons oor so baie dinge, terwyl Sy sorg vir ons so onverstaandaar groot is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation