Op die oomblik verhelder die aalwyne ons andersins vaal winter so skouspelagtig met hul vurige kleure!



Wanneer mens lank genoeg naby hulle gaan stilstaan, sien mens die beweging raak: die bye. . .

Met oop oë, hart en ore het ek gewonder wat hierdie by my kan leer?

Die volgende gebed het gevorm:

Here, ek wil ook soos hierdie by wees: om nektar selfs in die koue, vaal en harde wintertye te bly soek en dit wat ek vind, in te drink en ook diep binne my te bêre om dit later gewilliglik saam te gaan poel, alles ter wille van ‘n groter doel. So mag elkeen van ons ons klein deeltjie bydra om in ‘n bitter wêreld soetigheid te help bring; want wie van ons smag tog nie diep binne ons na ‘n land van melk en heuning nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation