Kolossense 3:2 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie.

Die tema van verlede week se inskrywing was oor vure, min wetende dat nog ‘n vuur die volgende bloginskrywing sou vul. . .

Sondagoggend het die S.O.S per epos gekom:

(Plastic View is die plakkerskamp langs Moreletapark gemeente se kerkterrein.)

Die fisiese, verwoestende vuur het uitgewoed, maar dit het ‘n nuwe vuur tot gevolg gehad. . . Brandende harte het voete in beweging gebring en hande laat oopgaan, soveel so dat daar so vroeg as Dinsdag al ‘n epos gekom het met die titel:

Plastic View: Dankie! Ons voorraad is vol!

Dit het my laat dink aan die gedig van Teresa van Avila:

Christ Has No Body

Christ has no body but yours,
No hands, no feet on earth but yours,
Yours are the eyes with which he looks
Compassion on this world,
Yours are the feet with which he walks to do good,
Yours are the hands, with which he blesses all the world.
Yours are the hands, yours are the feet,
Yours are the eyes, you are his body.
Christ has no body now but yours,
No hands, no feet on earth but yours,
Yours are the eyes with which he looks
compassion on this world.
Christ has no body now on earth but yours.

Ek het gaan stil word by die kruise op die kerkterrein.

Net ‘n entjie onderkant die kruise, sien ek toe die volgende stelle veertjies. Hulle lê twee-twee styf bymekaar in die gras:

Later loop ek na die hek by Plastic View. Daar hang ‘n brandreuk in die lug. Daar is groot bedrywigheid en ek sien en hoor hoe daar gekap en gewerskaf word aan nuwe huisvesting.

Toe hoor ek dit bo al die ander klanke: ‘n vrou wat diep, gelukkig uit haar maag lag. . . Ek luister in verwondering daarna. Hoe kan ‘n mens alles verloor en twee dae later só lag?

Dit word toe vir my kristalhelder: ék het ‘n “plastic view” wat maak dat ek perspektief verloor en vaskyk teen aardse, brandbare besittings en soveel keer vreugde misloop, miskyk.

Toe sien ek dié drie raak. Dis die eerste keer dat ek hierdie voëls met hul wit en swart sien. Hulle is eers op die grond en al drie later in die lug.

Later kry ek bevestiging dat dit skoorsteenveërs of heilige ibisse (van die Engels: sacred ibis) is. Toe verstaan ek die heilige boodskappe van die drie voëls en die veerpare: ons het U, Drie-enige God, so nodig om die skoorsteen van ons lewens skoon te hou, al die vuil en verstoppings weg te neem, sodat ons skoon en brandend sal bly, warmte sal gee waar ons ook al kom. U wys vir ons dat ons mekaar nodig het om uit te styg bo die plastiek van ons lewens. . . S.O.S Here, wees ons asseblief genadig.

Junie 2016 – na aanleiding van die versoeningsbyeenkoms by die Orlando-stadion in Soweto en die massamoord by die Pulse nagklub in Orlando, Florida

 

 

 

Orlando’s bloei

GEWEERSKOTE KNETTER, VERPLETTER

polsende haat se vinger op sneller. . .
ou wonde hier
en rou wonde dáár
twee stories, enkele ure uit mekaar . . .
wêrelde van mekaar

‘n medemens in kruishaar –
die kruispadkeuse: versoen of verdoem

ons bemind tot anderkant bloedvloei –
hoe sal ons dan ander bloed laat vloei?

Heer, wees ons genadig
laat ons uit U genadeskoot bloei . . .

IMG_0545

IMG_3528

Joh 3:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Aan die kruis het Hy Homself, uit suiwer liefde, hou vir hou aan ons vasgebind.

Kruis

Was hierdie lyding, pyn aangenaam? Nee!

IMG_6563

Het dit betekenis, het dit deel van ‘n groter plan gevorm? Ja!

Soms voel dit asof die houe van die lewe pynlik neerreën, eintlik neerhael, op ons.

Is dit juis omdat Hy so baie van ons hou, ons so liefhet, dat Hy besig is om ons al nader te trek, ons te stroop van dit wat ons dink ons is, of moet wees? Is dit sodat Hy ons vas kan hou, kan omhels, in Sy ewige liefdesarms sodat ons kan leef uit ons ware identiteit: Sy beminde?

IMG_9933

Nou weet ek: genade is nie noodwendig wat ons goed laat voel nie, dis wat ons God laat voel. Met hierdie perspektief weet ons dat Hy naby ons is, en dat Hy deur al die groot en kleiner pyne van die lewe ons steeds in liefde vashou, daar waar niks en niemand ons kan uitruk nie. Só kry ons ‘n stewige houvas op die ewige lewe.

IMG_6603

Lukas 10: 33 -34 “Toe het ’n Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry. Die Samaritaan kniel toe langs hom, behandel sy wonde met medisyne, en verbind dit. Toe het hy die man op sy eie donkie gehelp en hom na ’n herberg geneem en daar verder versorg.

 

 

Pelgrims

weens sonde
het ons almal wonde
niemand is ongeskonde
tog raak ons so verbonde

Verbind

Kruise

Gebed: Heer, U versteek dikwels Uself, U waarhede op onverwagse, ongewone plekke en maniere. Pyn en lyding is een van daardie verrassende plekke. Kyk maar net watter die effek die droogte, die lyding wat daarmee saamgaan,  op soveel mense het, hoe het dit die Samaritaan in soveel mense laat opstaan…

 

 

“Life is beautiful” sê sommige. “Life is a struggle” sê ander.
Die lewe leer ons egter só:

Life is a Beautiful struggle

IMG_6071

Die rose hierbo is vir my ‘n simbool daarvan: die geel, die son, en die rooi van die bloed, die stryd, albei is teenwoordig in die een blom.

Hoe leef ons hiermee saam? Ek glo die antwoord is in Ps 131 te vind:

Ek het rus gevind
1‘n Pelgrimslied. Van Dawid.
 
Selfverheffing en hoogmoed
is daar nie by my nie, Here.
Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie,
dinge wat bo my vermoë is.
2Ek het rus en kalmte gevind.
Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het,
so het ek tevredenheid gevind.

 

Ek ervaar dit so:

abba en baba
nie ‘n abrakadabra
maar vas, veilig, kalm

Babavoet

So wil ek die pad loop, dis die regte posisie om in te leef!

 

 

Joh 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

 

 

Die afgelope ruk loop ek, leef ek soveel mense raak wat weet van donker klaskamers. Die lig in hul oë vertel ‘n storie . . .

Soek-lig

in donker nag van pyn
waar eieroem, eiewaan
eiewysheid kwyn
as alle skyn verdwyn
skyn Sy lig die helderste
soos dit nooit
in sonskyn skyn

IMG_3466

Gebed: Here, U weet dit is so menslik om net in die pyn, teen die donker vas te kyk, maar U laat lewe voortspruit uit enige donkerte. Help ons om U lig te sien, sodat ons kan sien wat U wil hê ons moet sien.

Truly, it is in darkness that one finds the light, so when we are in sorrow, then this light is nearest of all to us. – Meister Eckhart

Jes 53:5b .. die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

Dit was net ‘n klein swaaibeweginkie bietjie te veel na regs, wat skielik soveel dinge in my laat beweeg het…

Ek was vanaand besig om hoender te sny met ons skerpste, grootste mes in my hand, toe die mes skielik my regterwysvinger deur die nael tref en so ‘n V in my nael sny. Na die aanvanklike tot-stilstand-kom skok, besef ek dat ek die bloedvloei moet stop. As so iets gebeur, is dit dadelik asof daar ‘n swerm gedagtes, gevoelens skielik so begin dwarrel in ‘n mens: eers die ongeloof dat dit so skielik, onverwags gebeur het, magteloosheid,  woede dat ‘n mens so lomp kan wees, dat ‘n mens dit sou kon verhoed het… So ‘n bietjie selfbejammering kom ook te voorskyn… Die pyn, seer klop ritmies, bloeiend deur my vinger.

Later, na die ontsmetting en die pleister daaroor, kom die refleksie. Ons is so broos en dit kan iets so klein, gerings wees wat ‘n mens opnuut bewus maak daarvan. Ek het nooit voorheen besef hoeveel keer ek my wysvinger gebruik nie, maar is nou pynlik, terdeë bewus daarvan.

In hierdie pyn, in hierdie broosheid, ervaar ek iets, vlugtig, ontwykend, van wat Hy moes ervaar het in sy verwonding.  Ek besef ook dat as kleikind ek maar net ‘n beperkte begrip van hierdie misterie kan hê. Daar is net ‘n diep weet dat die Koning van die heelal daarmee gewys het dat Hy verkies om in brose kleipotte te woon sodat ons ‘n bonatuurlike lewe alreeds hier kan leef.  Dit laat ‘n diepe dankbaarheid anderkant woorde, in my opwel.

Dit laat my verder dink dat Hy ons dieper wonde ook wil genees, daardie wonde waarvan net ek en Hy weet. Verder is ek ook in die laaste tyd pynlik bewus van my medemens se wonde, maar hoe ons aan mekaar verbind raak juis deur ons verwonding. Dis asof pyn, veral ‘n ander se pyn, ‘n mens buite jouself neem na ‘n groter ruimte en iets laat ervaar van ‘n groot misterie wat in lyding opgesluit is.

Intussen herinner die v op my vinger my daaraan dat ek, as verloste, in verwondering selfs oor verwonding kan leef en dat vreugde, vrede en vryheid daaruit vloei . . .

Kloppende pyn

Heiligheid klop altyd,
vibreer altyd in alles
deur alles
selfs, veral, ín pyn . . .
bloeiend na genesing

Origins Bloed en Vere 1 Klein

Openbaring 19:13 Hy het klere aangehad wat met bloed deurweek was, en sy Naam is: “Die Woord van God”.