Vandag vier ons Hemelvaartdag. Handelinge 2:9-11 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

IMG_2327

Dit moes darem ‘n asemrowende gesig vir die dissipels gewees het om Jesus te sien opgaan so saam met die wolk! Verder en hoër het Jesus voor hulle oë opgegaan en weggegaan totdat Hy seker net stippelgroot geraak en toe uit hul gesigveld verdwyn het. Toe is daar boonop die twee engele wat vir hulle vertel dat Jesus weer net so gaan terugkom.

Hulle was seker die hele dag in die wolke gewees . . . Dit word beskryf in Lukas 24 dat hulle met groot blydskap teruggegaan en God geprys het.

IMG_1966

Gebed: Dankie Here, dat ons vandag weet dat U wel weggegaan het, maar dat U belofte vervul is soos geskryf is in Joh 14:16 “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ’n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid”  en so het U teruggekom om nog nader te kom.

One Thought on “Die Weg het weggegaan . . .

  1. Clara on May 5, 2016 at 6:00 pm said:

    So mooi, en troostend! xx

Leave a Reply to Clara Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation