Ps 34:8 O taste and see that the LORD is good . . .

“Die retreatnaweek is op hande en ons is so te sê gereed vir jul aankoms. Ek moet nog net gaan kappertjies pluk vir die kamers en die verwarmers aanskakel.”

Die epos-boodskap hierbo enkele dae voor die retreat moes alreeds ‘n aanduiding gegee het van wat sou kom. . .

Alles was toe 100% gereed met ons aankoms by die Restory retreatsentrum vir ‘n fotografieretreat. Ons is met ope arms en harte verwelkom. Toe ek in my kamer kom, val my oog dadelik op die kappertjies in die blompot.  Hulle het my kamer opgevrolik met hul intense, helder kleure. Die landskap daar buite was wintervaal en die wind geniepsig koud. Die warmte van die verwarmer en die kappertjies het my dadelik so welkom, so tuis, laat voel.

IMG_4598

Die volgende oggend kry ons die opdrag om iets te gaan afneem, of liewer, te gaan sit en te ontvang wat na ons toe kom, dan ‘n foto daarvan te neem.

Toe ek in my kamer kom om my kamera te kry, val my oog weer op die vrolike kappertjies in die blompot. Ek kyk lank en stil daarna en besef dis wat ek nou ontvang: ek ervaar Sy goedheid, Sy sorg, in hulle. Die lens skuif tussen my en hulle in en hul dieper skoonheid word vasgevang, gestoor in my kamera asook in my.

IMG_4388

IMG_4363

IMG_4379

Met middagete sit ek een van die kappertjieblomme uit die slaai op my bord. Bewustelik, stil het ek daarna gekyk, dit geëet en die bevestiging dat Hy goed is, selfs op my tong gevoel. . . Die kappertjieblom het my laat sien en laat proe dat Hy goed is!

IMG_4582

Gebed: Heer, laat ons asseblief kappertjiekleur en -warmte in ‘n koue, harde en soms ongenaakbare wêreld bring.

Later sien ek die sonnetjie en sy strale op die kapperblaar en ek weet dat Hy ons uitnooi om Sý lig uit te straal net daar waar ons is en só dalk iemand se winter ophelder . . .

IMG_4348

4 Thoughts on “‘n Kappertjie-lewe

  1. Lindy Jordaan on June 24, 2016 at 11:18 am said:

    Ek het nie geweet kappertjies kan so mooi wees nie!

  2. Zaaiman en Jannij Stander on July 1, 2016 at 3:19 am said:

    So wonderlik om in elke iets om ons Sy grootheid, wonder van Sy skepping en Sy liefde raak te sien en te ervaar. Beleef dit so saam met jou as jy dit so deel met ons.

  3. Veronica Botha on August 11, 2016 at 2:58 pm said:

    Mag ek ook ‘n kappertjie wees wat Sy lig uitstraal

Leave a Reply to Zaaiman en Jannij Stander Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation