Psalm 74:17 U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het; somer en winter is die werk van u hand.
Die eerste woorde van ‘n ou volksliedjie, “dis heerlike lente, die winter’s verby”, kom in my op toe ek hierdie nuwe, nuutgebore skoonhede sien. Alhoewel daar ‘n yskoue windjie om my waai, het hierdie asemrowende amandelbloeisels hul boodskap baie duidelik in blommetaal gebring. Hulle is die eerste bome wat hul lentegewaad vertoon en so die nuwe lente aankondig, asof hul sê: kyk, sien, hier is die nuwe seisoen, hier is die bewys daarvan!
Hoop jy geniet hulle net soveel as wat ek dit geniet om hulle na jou te bring.
Littekens
die dor boom
het in die volheid van tyd
deurweek van die nuwe seisoen
in volle bloei gestaan . . .
nuwe lewe het deurgebreek, aangebreek
Gebed: Dankie Here, dat ons kan glo: daar is altyd ‘n nuwe lente, ‘n nuwe lewe, wat na ‘n winter aanbreek, in die natuur en ook in ons lewens.
Sjoe, mooi foto’s!!
Dit is so waar dat onder die litekens van swaar daar altyd die belofte is van lente, van nuwe lewe.
Pragtige foto’s van die lentebloeisels. Dankie dat ons kan weet daar is altyd kanse vir ‘n nuwe lewe
Pragtige foto’s! Dankie vir die lentebloeisels wat vir ons nuwe lewe voorspel.