Efesiërs 2:10 want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

Kyk ‘n bietjie na hierdie vis:

 

Hierdie vis het dit gedoen waarvoor hy geskep is. Is dit nie ongelooflik om te sien hoe doelgerig, presies en in ‘n vloei (letterlik en figuurlik!) hy is, terwyl hy sy kunswerk voltooi nie? Op ‘n onverklaarbare manier weet hy net hoe om sy meesterstuk te voltooi! Hy besef glad nie hoe ongelooflik sy kunswerk is en sal beslis nie weet dat soveel oë daarna kyk en diep aangeraak word nie. Ook sal hy nie weet hoeveel oë as gevolg daarvan deur sy byna deursigtige lyf kyk en besef dat daar ‘n Meester Kunstenaar is wat deur hom aan die werk is nie. . .

Here, so het U vir elkeen van ons ‘n metaforiese lewens-kunswerk in gedagte, wat uniek aan elkeen van ons is. Help ons asseblief om elke dag daarmee besig te wees. Al maak ons foute, werk U selfs dít in ons kunswerk in. . . U vra bloot net ons gewilligheid om aan U verbind te bly, dan doen U dit deur ons.

Ons wil ook graag soos Jesus eendag kan sê in Johannes 17:4 “Toe Ek op die aarde was, het Ek vir die mense gewys dat U God is, want U het vir My werk gegee om te doen, en Ek het die werk klaar gedoen.

Uself het tot ekstreme stappe oorgegaan om ons aandag te trek – U het aarde toe gekom, neergedaal tot op die laagste vlak, U verneder om ons na U te trek, in te trek . . .

Só maak U ons vissers, gered en gereed vir vis-vangs.

5 Thoughts on “Vis-vangs

  1. Dawie Mulder on January 21, 2017 at 8:29 pm said:

    Hierdie is absoluut verstommend-awesome en getuig net weereens met watter Skepper-God ons te doen het. Dankie vir hierdie stukkie bewusmaking; ook soveel te meer vir die kunswerk waartoe Hy ons elkeen geroep het.

  2. Lindy Jordaan on January 23, 2017 at 11:20 am said:

    Wow, ek is sprakeloos oor die wonder!

  3. Anet Heine on January 24, 2017 at 4:40 pm said:

    Dit was gelooflik, want dis net ons God wat so iets kan skep!

  4. Zaaima!n en Jannij Stander on January 27, 2017 at 1:24 pm said:

    Oswald Chambers het in sy “My Utmost for His Highest” gese dat die Here hom asseblief moet gebruik maar so dat hy dit nie agterkom nie, sodat hy nie miskien begin dink dat hy besonders is nie. Die vissie doen net sy ding.

  5. Veronica Botha on February 26, 2017 at 4:46 pm said:

    Here, help ons om met ons talente te woeker!

Leave a Reply to Lindy Jordaan Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation