Op ‘n voorstedelike sypaadjie staan hulle kiertsregop, fier en fraai: hierdie stokrose.

Hulle is pragtig en ‘n mens kan nie anders as om nader te gaan nie.

Toe wag daar iets wat bydra om hierdie prentjie asemrowend te maak:

Die lig val sag daar waar sy omvou word deur die pienk weelderige blomblare. Sy is besig met haar by-werk: haar nektarsuig, terwyl die stuifmeel op haar rug rus. . .

Wat is dit wat my so diep raak?

Daar is iets heiligs wat hier aan die afspeel is. . .

U het alles met ‘n doel en met die fynste presisie geskape. Hierdie by doen presies waarvoor sy geskape is. Kan ek dieselfde sê?

Jesus se woorde teen die einde van sy aarde bestaan, kom by my op:

Johannes 17:4 Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen.

Gewone mense vir wie dít die hoofsaak in hulle lewe was, en nie ‘n blote bysaak nie, inspireer ons steeds vandag, selfs eeue na hul dood. Francis van Assisi  (1181-1226) was ‘n man wat so geleef het. Hierdie woorde van hom nooi ons uit, daag ons uit:

Here, ons kan so gou vergeet waarom ons hier is, ons kan so aandagafleibaar leef. Mag ons elke dag lank genoeg by U, wat liefde is, stilsit met die vraag: leef ons soos U wil hê ons moet? Mag ons toelaat dat U transformerende krag in ons werk elke oomblik van ons lewe.

Ons kan dan so leef, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (Fil 2:13).

Daar is ‘n onverklaarbare diep, soete vrede anderkant rede wanneer mens leef soos U wil hê, wanneer ons meewerk om U koninkryk op aarde te help uitbrei. Dis ‘n lewe wat in al sy volheid gelewe word. Irenaeus skryf: The Glory of God is a human being fully alive.

Ons wil elke dag leef in die lig van U teenwoordigheid, met harte vol oorvloedige blydskap en nederige dankbaarheid, gevul met die wete: U, die Koning van die ganse heelal, gebruik ons!

Mag die by-foto se diep boodskap ons bybly elke dag van ons lewens. . .

2 Thoughts on “Laat dit ons bybly. . .

  1. Zaaiman Stander on April 6, 2018 at 1:03 pm said:

    Ja, en mag Hy ons duidelikheid gee oor wat Hy van ons verwag. As mens ouer word word die probleem dat jy voel jy doen so min. Dankie vir weer ‘n mooi gedagte.

  2. Antoinette Lortan on April 6, 2018 at 6:52 pm said:

    Hierdie is so besonders, dankie Marita. Net om dit te lees maak my rustig in Wilde storms wat woed, ongeregtigheid en laat my net weer my fokus vernuwe. “The busyness of life” maak so baie van ons aandagafleibaar soos jy sê. Daai leisels wil one tog so graag oorgee en tog klou ons vas met tye. Daaglikse vernuwing en herinnering is so belangrik nê? Jou volgende woorde gaan ek diep in my hart bêre.
    Daar is ‘n onverklaarbare diep, soete vrede anderkant rede wanneer mens leef soos U wil hê, wanneer ons meewerk om U koninkryk op aarde te help uitbrei. Dis ‘n lewe wat in al sy volheid gelewe word. Irenaeus skryf: The Glory of God is a human being

Leave a Reply to Zaaiman Stander Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation