Hebreërs 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Geloofsheld
nou in stille vrede en oorgawe
terwyl die kille winterswind
geniepsig deur jou waai
gestroop, maar tog vól hoop –
jou wortels stilweg ingebed
versterk, vertak, verdwerg:
gereed, geanker, onwankelbaar. . .
staan jy regop en fier,
kalm, rustend en gekoester
effens ongeërg,
houtgerus
want elke oop tak en vertakking
reik in volle vertroue, doelbewus
opwaarts, in stil blye verwagting
op die Tuinier
se perfekte uur. . .
Pragtig Marita! Hoop en reserwelose vertroue ingebed in die woorde… Dankie, dankie vir deel.