Wat ‘n voorreg dat ons ‘n nuwe lenteseisoen mag beleef! Ons wêreld is groen, groen en nogmaals groen. . .

The work of the Word is greenness. Hildegard of Bingen

Uit die Woord: 2 Kor 5:17-18a Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit alles is die werk van God.

Here, bron van lewe, maak ons ook nuut asseblief. Mag die nuwe groei wat U in ons bewerkstellig, ander om ons inspireer en hulle lewens aanraak; ons wat U liggaam hier op aarde is. . .

Ons harte loop oor van dankbaarheid teenoor U vir die genade van ‘n groen lewe; om U sigbaar te maak hier en nou!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation