Joh 3:16 “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Aan die kruis het Hy Homself, uit suiwer liefde, hou vir hou aan ons vasgebind.
Was hierdie lyding, pyn aangenaam? Nee!
Het dit betekenis, het dit deel van ‘n groter plan gevorm? Ja!
Soms voel dit asof die houe van die lewe pynlik neerreën, eintlik neerhael, op ons.
Is dit juis omdat Hy so baie van ons hou, ons so liefhet, dat Hy besig is om ons al nader te trek, ons te stroop van dit wat ons dink ons is, of moet wees? Is dit sodat Hy ons vas kan hou, kan omhels, in Sy ewige liefdesarms sodat ons kan leef uit ons ware identiteit: Sy beminde?
Nou weet ek: genade is nie noodwendig wat ons goed laat voel nie, dis wat ons God laat voel. Met hierdie perspektief weet ons dat Hy naby ons is, en dat Hy deur al die groot en kleiner pyne van die lewe ons steeds in liefde vashou, daar waar niks en niemand ons kan uitruk nie. Só kry ons ‘n stewige houvas op die ewige lewe.




Mal oor die foto van die houtbeeld!