Joh 16:33 In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

‘n Jong student sterf onverwags, ‘n middeljarige vrou sterf skielik, ‘n jong Ma en haar ongebore baba sterf,  ‘n middeljarige man kry beroerte en sterf  ‘n paar dae later . . . Soveel mense word tot stilstand geruk deur dood, siekte, beproewing, trauma.

 

Ons voel soms so teen die aarde, stukkend, flenters, vol gate. . .

IMG_2406

Maar: Man van lyding wat pyn geken het, U lewe hier op aarde was ook vol gate. Maar U het net uitgehou, aangehou, met volle vertroue in die Vader, selfs al was U self ook later vol gate. . .

IMG_0823

Paulus skryf in 2 Kor 4:17 Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

IMG_3047

 ‘n Heerlikheid, ‘n Heer-ligheid wag! Immanuel-God, wys asseblief vir ons U vensters, al is ons flenters, vol gate . . . Ek glo dat Paulus ook deur hierdie venster gekyk het toe hy die Here hoor sê het:  “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (2 Kor 12: 9)

Skoenlapper

 

2 Thoughts on “Flenters en Vensters

  1. Veronica Botha on August 30, 2016 at 10:52 am said:

    As ons swaarkry, dan weet ons gelukkig daar is ‘n wonderlike ewige lewe wat op ons wag waar daar gee swaarkry gaan wees nie.

  2. Zaai en Jannij on September 1, 2016 at 4:26 am said:

    Ja, en dan kyk ons deur ‘n dowwe venster op die groot heerlikheid by Hom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post Navigation